Maitreya (Sanskrit) of Metteyya (Pali) word beskou as ’n toekomstige Boeddha. In sommige tekste word hy Ajita genoem.https://itstheliar.wordpress.com/2021/05/28/the-laughing-buddha/
Volgens die Boeddhistiese tradisie is Maitreya ’n bodhisattva wat in die toekoms op aarde sal verskyn, volkome verligting sal bereik en die ware dharma (geloof) sal predik. Hy sal die huidige Boeddha, Gautama Boeddha, vervang.Horner, IB, red. (1975). The minor anthologies of the Pali canon. Vol. III: Buddhavaṁsa ("Kroniek van Boeddhas") en Cariyāpiṭaka ("Gedragsmandjie"). Londen: Pali Text Society. . Die voorspelling van die koms van Mitreya verwys na ’n tyd in die toekoms wanneer die meeste mense op aarde die dharma sal vergeet het.
Bronne Die naam Maitreya is afgelei van die Sanskrit-woord maitrī, "liefde-goedheid", wat weer afgelei is van die selfstandige naamwoord mitra, "vriend". Die Pali-vorm, Metteyya, word in die Pali-kanon en in die Boeddhavamsa gebruik.
In die Grieks-Boeddhistiese kuns van Gandhara, in die eerste eeue n.C. in Noord-Indië, was Maitreya en Gautama Boeddha (ook Shakyamuni genoem) die gewildste figure wat uitgebeeld is. In die 4de tot 6de eeu in China is die name Shakyamuni en Maitreya afwisselend gebruik, wat daarop dui dat die onderskeid tussen die twee Boeddhas nog nie getref is nie.Angela Falco Howard e.a., Chinese Sculpture, Yale University Press, 2006, p. 228
Volgens die Theravada-Boeddhistiese tradisie is Maitreya die laaste van die 29 Boeddhas wie se naam bekend is en die laaste van die vyf Boeddhas van die huidige kalpa.
Die huidige kalpa word die bhadrakalpa ("Gunstige Eon") genoem. Die vyf Boeddhas van dié eon is: Kakusandha Koṇāgamana Kassapa Gautama (die huidige Boeddha) Maitreya (die toekomstige Boeddha)
Beskrywing Maitreya word gewoonlik uitgebeeld as sittend, met óf albei voete op die grond óf by die enkels gekruis, terwyl hy sy tyd afwag. Hy dra die klere van óf ’n bhikkhu óf ’n Indiese koninklike. As ’n bodhisattva staan hy gewoonlik en dra hy juwele. Hy het gewoonlik ’n klein stoepa in sy kopbedekking.
In die Grieks-Boeddhistiese kuns van Gandhara word Maitreya uitgebeeld as ’n Sentraal-Asiatiese of Noord-Indiese adellike. Weerskante van hom staan sy twee altaardienaars, die broers Asanga en Vasubandhu.
Verwysings
Eksterne skakels
15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia
Kategorie:Boeddhas Kategorie:Eskatologie