Allemansdrift (ook Almansdrift of Mbhongo) is 'n nedersetting langs die Rhenosterkopdam, wes van Groblersdal en redelik ver noordwes van Witbank (eMalahleni) in Mpumalanga, Suid-Afrika. Die dorp is in die Dr. J.S. Moroka Plaaslike Munisipaliteit geleë wat onder die Nkangala-distriksmunisipaliteit ressorteer.

Sien ook Lys van dorpe in Suid-Afrika

Bronne

Op Pad in Suid-Afrika. B.P.J. Erasmus. 1995.

Kategorie:Nedersettings in Mpumalanga