Die Natalse sandpadda (Tomopterna natalensis) is 'n padda wat endemies is aan Suid-Afrika en kom voor in die oostelike en noordelike gedeeltes van die land. Die padda is 4 – 5 cm lank. Hulle hoofvoedsel is insekte. Hulle verkies om in syferwater in grasvelde, vleie en stroomoewers te leef. Hulle is van die lawaaierigste paddas.

Bron Natuurlewe van Suid-Afrika Duncan Butchart Struik Nature 2012

Eksterne skakels

Kategorie:Paddas