duimnael|180px|Die Nieu-Assiriese vorm van die É-teken.

É (Wigskrif: )Die woord is fonologies bloot /e/; die akuut is ’n Assiriologiese aanduiding van die ooreenstemmende wigskrifteken. is die Sumeriese woord of simbool vir "huis" of "tempel".

Die Sumeriese term É.GAL ("paleis", letterlik "groot huis") het ’n stad se hoofgebou aangedui. É.LUGAL ("koningshuis") is as ’n sinoniem gebruik. In die tekste van Lagasj is die É.GAL die sentrum van die ensi se administrasie in die stad en die plek van die stadsargief.Aage Westenholz, Old Sumerian and old Akkadian texts in Philadelphia, vol. 3 van Carsten Niebuhr Institute Publications, vol. 1 van Bibliotheca Mesopotamica, Museum Tusculanum Press, 1987, ,p. 96

Die Sumeriese woord É.GAL vir "paleis" is die waarskynlike etimologie van Semitiese woorde vir "paleis" of "tempel", soos die Hebreeuse היכל (heichal)The New Brown-Driver-Briggs-Gesenius Hebrew-English Lexicon deur Francis Brown et al. (), p. 228 en die Arabiese هيكل (haikal). Die oorsprong van die woord É kon dus iets soos *hai of *ˀai gewees het.

’n Paar tempelname E-ab-lua (Huis met wemelende beeste), ’n tempel vir Suen in Urum E-ab-shaga-la (Huis wat oor die middel van die see strek), vir Ninmarki in Gu-aba E-abzu (tempel van die ondergrondse waters), vir Enki in Eridu E-ad-da, ’n tempel vir Enlil E-am-kur-kurra (Tempel van die god van die lande), vir Bel in Assur E-ana (Huis van die hemel), vir Inanna in Uruk E-an-ki (Tempel van hemel en aarde) E-a-ra-li (Tempel van die onderwêreld) E-das-dmah (Tempel van die oppergod) E-belit-mati (Tempel vir die moeder van die wêreld) E-de-a (Heiligdom van Enki) wat deur Sargon van Akkad laat bou is E-igi-kalama (Huis wat die oog van die land is), vir Ninurta in Marad E-kish-nu-ngal (Huis wat lig na die aarde stuur), vir Nanna in Ur E-kug-nuna, tempel vir Inanna in Uruk E-kur (bergtempel), vir Enlil in Nippur E-me-ur-ana (Huis wat die goddelike magte van die hemel byeenbring), vir Ninurta in Nippur E-meshlam, ’n tempel vir Nergal E-nun, die abzu in Eridu E-sara (Huis van die heelal), vir Inanna in Uruk E-Tummal (Tummal-huis), vir Ninlil in Nippur

Verwysings

Bronne The building of Ningirsu's temple: composite text (translation ), Die elektroniese tekskorpus van Sumeriese letterkunde Abraham and the City of Ur, "The Book of the Cave of Treasures" (1927) D. D. Luckenbill, The Temples of Babylonia and Assyria, American Journal of Semitic Languages and Literatures (1908) 15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia

Kategorie:Wigskrif