Abdullah Mohamed Omar (26 Mei 1934 in Kaapstad – 13 Maart 2004), beter bekend as Dullah Omar, was 'n Suid-Afrikaanse anti-apartheidsaktivis, prokureur, en van 1994 tot sy dood 'n minister in die Suid-Afrikaanse kabinet.

Omar is op 26 Mei 1934 in Observatory, Kaapstad gebore. Sy ouers was immigrante vanaf Gujarat in die weste van Indië.http://www.guardian.co.uk/news/2004/mar/16/guardianobituaries.southafrica Omar het aan Hoërskool Trafalgar skoolgegaan.City School turns 100, iol.co.za, Januarie 2012, besoek op 11 Augustus 2014. Hy was 'n gerespekteerde lid van die Moslemgemeenskap in Suid-Afrika. Hy het aan die Universiteit van Kaapstad studeer en 'n regsgraad verwerf in 1957.

Tydens die apartheidsjare het Omar 'n paar lede van die Pan Africanist Congress of Azania (PAC) en die African National Congress (ANC) verdedig. Later was hy ook 'n lid van die United Democratic Front (UDF).

Verwysings

Eksterne skakels 'n Biografie van Dullah Omar 'n ANC-profiel van Omar

Kategorie:Suid-Afrikaanse advokate Kategorie:Suid-Afrikaanse anti-apartheidsaktiviste Kategorie:Suid-Afrikaanse ministers van justisie Kategorie:Suid-Afrikaanse ministers van vervoer Kategorie:Geboortes in 1934 Kategorie:Sterftes in 2004 Kategorie:Politici van die African National Congress Kategorie:Lede van die Nasionale Vergadering van Suid-Afrika Kategorie:Alumni van die Universiteit Kaapstad Kategorie:Anti-apartheidsaktiviste