Die Karooskurwepadda (Vandijkophrynus gariepensis) is 'n padda wat endemies is aan Suid-Afrika. Dit kom voor in die westelike en die suide van die land. Die padda is 7 – 9 cm lank en gevlek of effe kakiekleurig met 'n knopperige vel. Die pens is naaswit, dikwels met kolletjies. Hulle hoofvoedsel is insekte en wurms.

Bron Natuurlewe van Suid-Afrika Duncan Butchart Struik Nature 2012

Eksterne skakels

Kategorie:Paddas