Bradley Cooper (gebore op 5 Januarie 1975 in Philadelphia, Pennsilvanië) is 'n Amerikaanse akteur. Hy is veral bekend vir sy rolle in die films The Hangover (2009), The A-Team (2010), Wedding Crashers (2005) en Limitless (2011). In 2011 is hy as People magazine se aantreklikste man aangewys.

Persoonlike lewe Cooper se vroeë jare in die vermaaklikbedryf was met probleme ondervind. Toe sy rol in die tweede seisoen van Alias gedemoveer is na 'n baie klein deel, wou hy ophou werk in die vermaaklikbedryf. Sy middelverslawing en twyfel oor sy loopbaan het gedagtes van selfmoord veroorsaak. Cooper het sedert 2004 ophou alkohol drink en het gesê dat dit sy lewe sou verwoes het.

In Oktober 2006 is Cooper verloof met aktrise Jennifer Esposito. Hulle is later in Desember getroud. In Mei 2007 het Esposito aansoek gedoen vir 'n egskeiding wat in November afgehandel was.

Twee jaar na die dood van sy pa van longkanker in 2011, het hy met sy ma na Los Angeles verhuis.

Filmografie 2001: Wet Hot American Summer – Ben 2002: My Little Eye – Travis Patterson 2002: Bending All the Rules – Jeff 2003: The Last Cowboy – Morgan Murphy 2004: I Want to Marry Ryan Banks – Todd Doherty 2005: Wedding Crashers – Zachary "Sack" Lodge 2006: Failure to Launch – Demo 2007: The Comebacks – Cowboy 2008: The Midnight Meat Train – Trash 2008: The Rocker – Trash Grice 2008: Yes Man – Peter 2008: Older than America – Luke 2009: He's Just Not That Into You – Ben 2009: The Hangover – Philip "Phil" Wenneck 2009: All About Steve – Steve Gunders 2009: New York, I Love You – Gus Cooper 2009: Case 39 – Douglas J. Ames 2010: Valentine's Day – Holden Bristow 2010: The A-Team – Templeton Arthur "The Faceman" Peck 2010: Brother's Justice – Bradley Cooper/Dwight Sage 2011: Limitless – Edward "Eddie" Morra 2011: The Hangover Part II – Philip "Phil" Wenneck 2012: Hit and Run – Alex Dimitri 2012: Silver Linings Playbook – Patrick "Pat" Solatano, Jr. 2012: The Words – Rory Jansen 2013: The Place Beyond the Pines – Avery Cross 2013: The Hangover Part III – Philip "Phil" Wenneck 2013: American Hustle – Richard "Richie" DiMaso 2014: Guardians of the Galaxy – Rocket 2014: Serena – George Pemperton 2014: American Sniper – Chris Kyle 2015: Aloha – Brian Gilcrest 2016: 10 Cloverfield Lane – Ben 2016: War Dogs 2017: Guardians of the Galaxy Vol. 2 – Rocket 2018: Avengers: Infinity War – Rocket 2018: A Star Is Born – Jackson Maine 2018: The Mule – Colin Bates

Verwysings

Eksterne skakels

Bradley Cooper by Box Office Mojo

Kategorie:Geboortes in 1975 Kategorie:Lewende mense Kategorie:Amerikaanse manlike akteurs van die 20ste eeu Kategorie:Amerikaanse rolprentvervaardigers Kategorie:Amerikaanse manlike akteurs van die 21ste eeu