regs|duimnael|200px|Kinders kan vir paaseiers soos hierdie jag.

Skattejag word deur 'n groepie kinders gespeel. Hoe meer siele hoe meer vreugde. Dit leer kinders om in 'n span saam te werk, te luister na leidrade en om leidrade te ontsyfer. Leidrade vir kleuters sal makliker wees as vir skoolgaande kinders. Dit kan 'n prentjie wees waarmee die wegsteekplek geassosieer kan word. Die persoon wat die leidrade skryf, kan rympies maak oor die wegsteekplek of die wegsteekplek vaagweg beskryf. Gee ses leidrade indien daar ses kinders is of indien daar te veel kinders vir beskikbare wegsteekplekke is, kan minder leidrade gegee word, solank daar net vir elke kind 'n skat is. Skryf 'n naam op elke leidraad.

'n Volwassene verduidelik die reëls van die spel vooraf. Dit is spanwerk. Elke kind kry 'n beurt om 'n leidraad te lees. Almal luister en bespreek dan moontlikhede van wegsteekplekke. Almal soek dan saam na die volgende leidraad of skat. Die skatte mag eers oopgemaak of geëet word nadat die groep kinders vir die gasvrou/heer, ouers ensovoorts, gesing het: Ons sê baie, baie dankie, ons sê baie, baie dankie... vir 'n lekker dag!

Dit kan op twee maniere gespeel word.

Hoe spel een werk Skryf die leidrade op 'n papier wat in 'n rolletjie gerol word. Hier kan u eie verbeelding gebruik. Leidraad no.1 word aan die groep oorhandig deur 'n volwassene. Leidraad no.1 lei na leidraad no. 2, ensovoorts. Leidraad no.2 word weggesteek op die plek wat deur leidraad no.1 beskryf word, ensovoorts. Die laaste leidraad lei na die skat. Almal se geskenkies word op een plek weggesteek.

Hoe spel twee werk Skryf die leidrade op 'n papier wat in 'n rolletjie gerol word. Hier kan u eie verbeelding gebruik. Leidraad no.1 word aan die groep oorhandig deur 'n volwassene. Leidraad no.1 lei na leidraad no. 2, ensovoorts. Leidraad no.2 word weggesteek op die plek wat deur leidraad no.1 beskryf word, ensovoorts. By die variasie op die speletjie, word daar een van die kinders se geskenkie saam met leidraad no. 2 weggesteek, ensovoorts. Almal moet help soek totdat elke kind se skat gevind is.

Voorbeelde van leidrade Lapa of kuiervertrek

Kinders, Daar word gewoonlik vleis gebraai, dit lyk of die Skattejagters hier moet draai, Waar die tafel staan met blomme opgedres Baie koeldranke en water in 'n fles Frikkadelle, worsies en mengelslaai, koek en poedings met sous so taai Brood, hoender en skaap se boud – daar vind julle die pot met goud.

Pophuis

Daar staan 'n huisie so klein Stoeltjie, bedjie, koppies so fyn

Tussen varings en witstinkhout boom Kan ek maar net daaroor droom

Kom jy na hierdie poppe-paleis Sal Poppie die volgende leidraad wys.

Glyplank

Sussie, Boeta almal kan baljaar Gil, skreeu in water daar Trappe klim en veilig sit Gly-gly, so doen mens dit Maar nou is almal bly hier kan hul nog 'n leidraad kry.

Kategorie:Kinderspeletjies