duimnael|300px|links|GIŠ, giš ens. duimnael|260px|’n Tipiese Amarna-brief.Moran, William L. 1987, 1992. The Amarna Letters. EA 365, Furnishing Corvee Workers, p. 362.
Die wigskrifteken giš of GIŠ (ook is, iṣ en iz) word algemeen aangetref in onder meer die Heldedig van Gilgamesj en die Amarna-briewe. Dit beteken "hout" en word ook as determinatief aan die begin van woorde gebruik om aan te dui ’n voorwerp is van hout gemaak. Die 12 hoofstukke (tablette) van die Heldedig van Gilgamesj noem 16 voorwerpe wat met "GIŠ" begin.
Dit kan ook alfabeties gebruik word vir die letters e, i, s, ṣ of z.
Voorbeelde Een voorbeeld van die gebruik van GIŠ is in die woord GIŠ plus MÁ ("skip" of "boot"),Parpola, 197l. The Standard Babylonian Epic of Gilgamesh, Glossary, pp. 119-145, eleppu, p. 124. dus GIŠ.MÁ of GIŠ.MÁ (15px30px, "houtboot").
’n Paar woorde met GIŠ vooraan in die Heldedig van Gilgamesj, met die Akkadies agteraan, is:Parpola, 197l. The Standard Babylonian Epic of Gilgamesh, Glossary and Indices, Logograms and Their Readings, pp. 117-18, p. 117.
--GIŠ.APIN, epinnu ("ploeg") --GIŠ.BANŠUR, paššūru ("tafel") --GIŠ.ERIN, erēnu ("seder") --GIŠ.GAG, sikkatu ("fles (parfuum)") --GIŠ.GU.ZA, kussû ("troon ") --GIŠ.IG, daltu ("deur") --GIŠ.SAR, kirû ("tuin", "boord") --GIŠ.ŠUR.MÌN, šurmenu ("sipres") --GIŠ.TIR, qištu ("woud") --GIŠ.TUKUL, kakku ("wapen")
Verwysings
15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia
Kategorie:Wigskrif