thumb|links|180px|’n Bronskopbeeld van ’n Akkadiese heerser wat in 1931 in Nineve ontdek is, van óf Sargon óf sy kleinseun Naram-Sin (’n kopie in die Roemer- und Pelizaeus-Museum Hildesheim). Die Akkadiese Ryk Akkadies: , māt Akkadi; Sumeries: , a-ga-de3KI; Hebreeus: אַכַּד, Akkad was die eerste antieke ryk van Mesopotamië, naas die langdurige beskawing van Sumer. Dit was om die stad Akkad (Sumeries: Agade) en die omringende gebied gesentreer. Die hele gebied was in antieke Mesopotamië as Akkad bekend. Die ryk het al die inheemse Akkadiessprekende Semiete en die Sumeriessprekendes onder een bewind verenig.

Die Akkadiese Ryk het oor Mesopotamië, die Levant en Anatolië regeerMish, Frederick C., Editor in Chief. "Akkad" Webster’s Ninth New Collegiate Dictionary. ninth ed. Springfield, MA: Merriam-Webster 1985. ). en militêre ekspedisies so ver suid as Dilmun en Magan (die moderne Bahrein en Oman) op die Arabiese Skiereiland gestuur.

In die 3de millennium v.C. het ’n kulturele simbiose tussen die Sumeriërs en Akkadiërs ontwikkel wat wydverspreide tweetaligheid ingesluit het. Akkadies, ’n Oos-Semitiese taal, het Sumeries tussen die 3de en 2de millennium v.C. geleidelik as spreektaal vervang (die presiese datum word betwis).

Die Akkadiese Ryk het sy politieke hoogtepunt tussen die 24ste en 22ste eeu v.C. bereik ná die verowerings deur sy stigter, Sargon van Akkad. Onder hom en sy opvolgers is Akkadies kortliks aan verowerde buurstate soos Elam en Goetium opgelê. Akkad word soms beskryf as die eerste ryk ter wêreld, hoewel die term "ryk" nie presies gedefinieer is nie en daar vroeëre Sumeriese aanspraakmakers was.F Leo Oppenhiem – Ancient Mesopotamia

Ná die val van die Akkadiese Ryk het die mense van Mesopotamië eindelik in twee belangrike Akkadiessprekende nasies versmelt: Assirië in die noorde en, ’n paar eeue later, Babilonië in die suide.

Navorsingsgeskiedenis

Die Bybel verwys in Genesis 10:10-12 soos volg na Akkad:

"Nimrod se koninkryk het begin by Babel, Erek, Akkad en Kalne, almal in Sinar. Van hier af het hy na Assirië toe gegaan en Nineve, Regobot-Ir en Kalag gebou, asook Resen tussen Nineve en Kalag. Resen was ’n groot stad."1983-vertaling

Nimrod se historiese identiteit is onbekend of word betwis, maar hy is al geïdentifiseer as Sargon van Akkad, en ook as die legendariese Gilgamesj, stigter van Uruk. Geleerdes het vandag al sowat 7 000 tekste uit die Akkadiese tydperk aangeteken wat in beide Sumeries en Akkadies geskryf is. Baie latere tekste uit die opvolgerstate Assirië en Babilonië handel ook oor die Akkadiese Ryk.

’n Begrip van die ryk word gekniehalter deur die feit dat sy hoofstad, Akkad, ondanks talle pogings nog nie ontdek is nie. Die presiese datering van argeologiese terreine word bemoeilik deurdat daar geen duidelike onderskeid is tussen artefakte wat vermoedelik uit die voorafgaande Vroegdinastiese Tydperk kom en dié wat vermoedelik Akkadies is nie. Net so is materiaal wat vermoedelik Akkadies is, tot in die Ur III-tydperk gebruik.

Baie van die meer onlangse insigte in die Akkadiese Ryk kom van uitgrawings in die Bo-Khabur-gebied in moderne Noordoos-Sirië, wat ná die val van Akkad deel van Assirië geword het. In uitgrawings by Tell Mozan (antieke Urkesh) is byvoorbeeld ’n verseëling ontdek van Tar'am-Agade, ’n voorheen onbekende dogter van Naram-Sin, wat moontlik met ’n ongeïdentifiseerde plaaslike endan (heerser) getroud was. Die uitgrawers van die nabygeleë Tell Leilan (antieke Shekhna/Shubat-Enlil) het die resultate van hulle ondersoek gebruik om te toon dat die Akkadiese Ryk weens ’n skielike droogte tot ’n einde gekom het (die sogenaamde 4,2-kilojaarvoorval). Daar word steeds vurig gedebatteer oor die uitwerking van dié kilmaatvoorval op Mesopotamië in die algemeen en die Akkadiese Ryk in besonder.

Uitgrawings by die moderne terrein Tell Brak dui daarop dat die Akkadiërs ’n stad ("Brak" of "Nagar") op die terrein herbou het vir gebruik as ’n administratiewe sentrum. Die stad het twee groot geboue ingesluit, onder meer ’n kompleks met ’n tempel, kantore, binnehof en groot oonde.J. Oates (2004), pp. 5–8.

Datums en tydperke Die Akkadiese Tydperk word gewoonlik aangedui as omstreeks 2334-2154 v.C. (volgens die middelchronologiese tydlyn van die antieke Nabye Ooste) of omstreeks 2270-2083 v.C. (volgens die kort chronologiese tydlyn). Dit is voorafgegaan deur die Vroegdinastiese Tydperk (ED) en opgevolg deur die Ur III-tydperk, hoewel albei oorgange vaag is. Dit is byvoorbeeld moontlik dat die opkoms van Sargon van Akkad saamgeval het met die laat ED en dat die laaste Akkadiese konings saam met die Goetese konings en die heersers van albei se stadstate, Uruk en Lagasj, regeer het. Die Akkadiese Tydperk stem ooeen met: EB IV (in Israel), EB IVA en EJ IV (in Sirië) en EB IIIB (in Turkye.)

Tydlyn van heersers Die relatiewe volgorde van die Akkadiese konings is duidelik. Die presiese datums van hulle bewind is benader (soos alle datums voor die einde van die laat Bronstydperk, omstreeks 1200 v.C.).

Heerser MiddelchronologieStamboomSargon30px 2334-2279 v.C.400pxRimush30px 2278-2270 v.C.Manishtushu30px 2269-2255 v.C.Naram-Sin30px 2254-2218 v.C.Shar-Kali-Sharri30px 2217-2193 v.C.Dudu30px|Alabaster vase of Dudu of Akkad Louvre Museum AO 31549 2189-2169 v.C.Shu-turul30px|Votive_hammer_of_Shu-turul 2168-2154 v.C.

Geskiedenis van die ryk Akkad voor Sargon thumb|240px|Akkad voor sy uitbreiding (in groen). Die grondgebied van Sumer onder sy laaste koning, Lugal-zage-si, is in oranje. Omstreeks 2350 v.C. thumb|240px|Sargon op sy oorwinningstele met ’n koninklike bolla, gevolg deur ’n dienskneg met ’n sambreel. Sargon se naam in wigskrif ("Koning Sargon") verskyn dofweg voor sy gesig. Louvre. thumb|180px|’n Akkadiese amptenaar met ’n byl in Sargon se gevolg. Die Akkadiese Ryk het sy naam gekry van die Akkad-streek en die stad Akkad, wat albei by die samevloei van die Tigris en Eufraat geleë was.

Hoewel die stad nog nie in die moderne tyd ontdek is nie, is dit uit verskeie teksbronne bekend. Daaronder is minstens een teks van voor Sargon se bewind. Dit, tesame met die feit dat die naam Akkad nie van Akkadiese oorsprong is nie, dui daarop dat die stad reeds voor Sargon se tyd bewoon was.

Sargon van Akkad Sargon van Akkad het Lugal-zage-si in die Slag van Uruk verslaan, gevange geneem en sy grondgebied verower. Die vroegste rekord van die taal Akkadies dateer van Sargon se tyd. Sargon was na bewering die seun van La'ibum of Itti-Bel, ’n tuinier, en moontlik ’n priesteres van die godin Inanna. Een legende wat in Assiriese tye aan Sargon toegedig is, lui

Later is namens Sargon beweer dat sy ma ’n hoëpriesteres was. Dit kon gewees het om ’n edel stamboom vir hom te skep, want net lid van ’n familie met aansien kon so ’n posisie beklee.

Sargon was oorspronklik ’n hoofskinker (rabshakeh) van ’n koning van Kisj met die Semitiese naam Ur-Zababa, en het daarna ’n tuinier geword wat verantwoordelik was vir die skoonmaak van besproeiingskanale. Koninklike skinker was in dié tyd ’n belangrike politieke posisie; die persoon was na aan die koning en het verskeie belangrike verantwoordelikhede gehad wat nie deur die naam van die posisie weerspieël word nie. Dit het hom toegang gegee tot ’n korps gedissiplineerde werkers, wat ook sy eerste soldate kon gewees het. Sargon het Ur-Zababa vervang en is as koning gekroon. Hierna het hy die naburige streke begin verower.Samuel Noah Kramer, The Sumerians, Chicago University Press, 1971, Hy het Sirië en Kanaän vier keer binnegeval en het drie jaar lank die lande van "die weste" onderwerp om hulle saam met Mesopotamië "in ’n enkele ryk" te verenig.

thumb|links|200px|Gevangenes wat deur ’n soldaat begelei word, op ’n oorwinningstele van Sargon, omstreeks 2300 v.C. Louvre. Sargon het sy veldtogte egter verder gevoer en baie van die omringende streke verower om ’n ryk te skep wat weswaarts tot by die Middellandse See en miskien Siprus (Kaptara) gestrek het; noordwaarts tot by die berge diep in Anatolië; ooswaarts oor Elam; en suidwaarts tot by Magan (Oman) – ’n gebied waaroor hy vermoedelik 56 jaar lank regeer het, hoewel net vier "jaarname" bewaar gebly het. Hy het sy heerskappy gekonsolideer deur die vroeëre opposisieheersers met edele burgers van Akkad te vervang om hulle lojaliteit te verseker.

Handel is gedryf van die silwermyne van Anatolië tot die lapis lazuli-myne in moderne Afganistan, die seders van Libanon en die koper van Magan. Dié konsolidasie van die stadstate Sumer en Akkad weerspieël die groeiende ekonomiese en politieke mag van Mesopotamië. Die ryk se broodmandjie was die reëndeurdrenkte landboustelsel van Assirië, en ’n reeks forte is gebou om die ryk se graanproduksie te beheer.

Beelde van Sargon is opgerig aan die oewers van die Middellandse See ter viering van sy oorwinnings, en stede en paleise is tuis gebou met buit uit die verowerde streke. Elam en die noordelike deel van Mesopotamië is ook onderwerp, en rebellies in Sumer is onderdruk. Kontraktablette is ontdek met datums uit die jare van die veldtogte teen Kanaän en teen Sarlak, koning van Goetium. Hy het ook daarmee gespog dat hy die "vier kwartiere" onderwerp het – die lande om Akkad in die noorde (Assirië), die suide (Sumer), die ooste (Elam) en die weste (Martu). Sommige van die vroegste historiografiese tekste dui daarop dat hy die stad Babilon (Bab-ilu) in sy nuwe ligging naby Akkad herbou het.Dalley meen die bronne het dalk oorspronklik verwys na Sargon II van Assirië, eerder as Sargon van Akkad. Stephanie Dalley, "Babylon as a Name for Other Cities Including Nineveh", in Proceedings of the 51st Rencontre Assyriologique Internationale, Oriental Institute SAOC 62, pp. 25–33, 2005

Sargon het deur sy lang lewe respek betoon teenoor die Sumeriese gode, veral Inanna, sy beskermingsgodin, en Zababa, die strydergod van Kisj. Hy het homself genoem "die gesalfde priester van Anoe" en "die groot goewerneur van Enlil". Sy dogter, Enheduanna, is aangestel as priesteres van Nanna by die tempel in Ur.

Probleme het teen die einde van sy bewind toegeneem. ’n Latere Babiloniese teks lui:

Dit verwys na sy veldtog in "Elam", waar hy ’n koalisieleër onder die koning van Awan verslaan en hulle gedwing het om sy vasalle te word.

Rimush en Manishtushu thumb|240px|Akkadiese soldate verslaan die vyand, omstreeks 2300 v.C. Moontlik van ’n oorwinningstele van Rimush. Sargon het op ’n hoë ouderdom steeds teenstande onderdruk. Dié probleme het voortgeduur gedurende die bewind van sy seuns, met opstande wat uitgebreek het in die nege jaar lange bewind van Rimush (2278-2270 v.C.). Dié het hard geveg om die ryk verenig te hou. Hy was suksesvol totdat hy deur van sy eie howelinge vermoor is. Volgens sy inskripsies het hy met wydverspreide opstande te doen gehad en moes hy die stede Ur, Umma, Adab, Lagasj, Der en Kazallu verower van opstandige ensi's (goewerneurs): Rimush het mense in die Sumeriese stadstate op groot skaal laat vermoor en die stede vernietig. Hy het nougeset rekord gehou van sy vernietigingswerk.

Die meeste van die groot Sumeriese stede is verwoes en menslike verliese was enorm:

Sumeriese slagoffers van Rimush se veldtogteVernietigde stedeAdab en ZabalaUmma en KI.ANUr en LagasjKazallu(Drie veldslae in Sumer)TOTAAL Vermoor15 7188 9008 04912 05211 32256 041 As slawe gevange geneem 14 5763 5405 4605 862_29 438 "Verban en uitgeroei"_5 6005 985_14 10025 685 Totale slagoffers 111 164

Rimush se ouer broer, Manishtushu (2269-2255 v.C.), het hom opgevolg. Dit lyk of hy ’n seeslag teen 32 konings geveg het wat teen hom in opstand gekom het. Hy het hulle pre-Arabiese land oorgeneem wat bestaan het uit die hedendaagse Verenigde Arabiese Emirate en Oman. Ondanks sy sukses is hy blykbaar, nes sy broer, in ’n paleissameswering vermoor.

Naram-Sin thumb|200px|’n Portret van Naram-Sin, met ’n inskripsie met sy naam.