Carl Zeiss (11 September 1816 – 3 Desember 1888) was 'n Duitse industrialis en optikus. Hy is gebore in Weimar. Hy het in Stuttgart studeer en in 1846 begin hy 'n klein werkswinkel in Jena. Hier vervaardig en herstel hy gereedskap van die natuurwetenskapafdeling van die Universiteit van Jena. Sy besigheid groei vinnig en Zeiss verkry 'n reputasie as 'n vervaardiger van kwaliteit-mikroskope.
In 1866 het Ernst Abbe by die maatskappy aangesluit. Hy was ook uiters vaardig in optika en later word Abbe en Zeiss se seun, Roderich, vennote in die besigheid.
Zeiss sterf op 3 Desember 1888 in Jena. Onder Abbe se beheer smelt die Zeiss-besigheid saam met dié van Otto Schott in 1889.
Bron Collier's Encyclopedia, Crowell-Collier Educational Corporation, volume 23, bl. 752.
Eksterne skakels
Kategorie:Duitse entrepreneurs Kategorie:Duitse uitvinders Kategorie:Geboortes in 1816 Kategorie:Sterftes in 1888