Zündapp was 'n groot Duitse motorfietsvervaardiger in 1917 in Neurenberg gestig deur Fritz Neumeyer, tesame met Friedrich Krupp AG en die masjiengereedskapvervaardiger Thiel onder die naam Zünder- und Apparatebau GmbH, as 'n produsent van ontstekers (Zünder- und Apparatebau is Duits vir ontstekers en apparaat).
In 1919, toe die vraag na wapenonderdele skerp gedaal het ná die Eerste Wêreldoorlog, word Neumeyer die alleeneienaar van die maatskappy. Twee jaar later diversifiseer hy in die vervaardiging van motorfietse. Na die Tweede Wêreldoorlog het Zündapp uitgebrei in die mikromotor-, bromfiets- en motorskoetermarkte. Die maatskappy het in 1984 ineengestort.
Galery
Eksterne skakels
Kategorie:Duitse maatskappye Kategorie:Motorfietsvervaardigers