Heraldeiland (Russies: Остров Геральд, Ostrof Gerald) is ’n klein, afgeleë Russiese eiland in die Noordelike Yssee, 70 km oos van Wrangeleiland. Dit het hoë kranse, wat dit taamlik ontoeganklik maak – per skip en per vliegtuig. Die enigste stukkie seekus van waar dit bereik kan word, is sy noordwestelike punt waar die kranse verkrummel het.

Beskrywing Die eiland is 11,3 km2 groot en die maksimum hoogte bo die seevlak is 364 m. Dit is nie toegeys nie en is onbewoon. Dit is genoem na die opmetingskip HMS Herald, van waar dit in 1849 ontdek is.

Administratief val Heraldeiland in die outonome okroeg Tsjoekotka van die Russiese Federasie. Saam met Wrangeleiland maak dit deel uit van die Wrangeleiland-natuurreservaat, sedert 1976 ’n Russiese nasionale park. Kaap Dmitrijewa op die eiland is die mees oostelike grens van die natuurreservaat.

In 2004 is Herald- en Wrangeleiland asook die omliggende waters verklaar tot ’n Unesco-wêrelderfenisgebied.

Verwysings

Eksterne skakels Inligting, onder meer oor die fauna en flora Eiland in die See , L. Zybtsev, by die "Russian Robinson"-klub, 1992. L.W. Gromof. Осколок древней Берингии ("’n Stukkie van antieke Beringië"). Moskou, 1960.

Kategorie:Eilande in Arktiese Oseaan Kategorie:Eilande van Rusland Kategorie:Siberië Kategorie:Wêrelderfenisgebiede in Rusland