Die Eskimo-Aleoetiese tale is ’n taalfamilie afkomstig uit Groenland, die noorde van Kanada, Alaska en dele van Siberië. Die taalgroep word in sy geheel Inuïties genoem in Groenland, Kanada en Wes-Alaska, Yupik in Noord-Alaska en Yuit in Siberië. Die term "Eskimo" word nie deur die meeste sprekers van die taal aanvaar nie weens die negatiewe konnotasie wat aan die woord verbonde is.

duimnael|links|Verspreiding van Eskimo-tale in Noord-Amerika Vanweë die geografiese skeiding van die verskillende Inuïetiese bevolkingsgroepe is die dialekte van die Eskimo-Aleoetiese tale so ver van mekaar verwyder dat baie sprekers mekaar nie meer verstaan nie. Die Aleoetiese tale het die minste sprekers; dit word nog net gepraat op die Aleoete-, Pribilof- en Komandorski-eilande in die Beringsee.

Aleoeties Aleoeties Wes-sentrale dialekte: Atkan, Attuan, Unangan, Bering (60–80 sprekers) Oostelike dialekte: Unalaskan, Pribilof (400 sprekers) Eskimo Yupik van Sentraal-Alaska (10 000 sprekers) Alutiiq (400 sprekers) Yuit (Sentraal-Siberië, 300 sprekers) Naukan (75 sprekers) Sirenik (uitgesterf sedert 1997) Inuïties (75 000 sprekers) Iñupiaq (Noord-Alaska, 3 500 sprekers) Inuvialuktun (Wes-Kanada) Inuktitut (Oos-Kanada, 35 200 sprekers) Kalaallisut (Groenland, 57 000 sprekers)

Verwysings 15px Hierdie artikel is vertaal uit die Nederlandse Wikipedia

Eksterne skakels

Kategorie:Taalfamilies Kategorie:Tale van Rusland