Die Citroën DS3 is 'n superminimotor wat sedert 2009 deur die Franse motorvervaardiger Citroën gebou word. Dit is amptelik in Januarie 2010 onthul, en is die eerste motor in die nuwe DS-reeks (uitgespreek Deèsse, wat "godin" in Frans beteken) van Citroën. Terwyl die DS-naam baie herinner aan die klassieke Citroën DS, dra die nuwe DS3 geen ooreenkoms met die ouer motor en sy onderdele nie, en ondervind ook geen van sy ingenieursprobleme nie.

Dit is beskikbaar in 3-deur afslaankap, 'n 3-deurluikrug en 'n 5-deur MPV (die DS 3 Picasso). Die inlynviersilinderenjinreeks sluit in 1.4 en 1.6-liter petrolenjins asook 'n 1.6-liter PSA HDi-dieselenjin.

Die Citroën DS3 is as die "Motor van die Jaar" aangewys deur Top Gear Magazine, en as die eerste supermini vierkeer namekaar deur die JD Power Satisfaction Survey UK en die tweede meesdoeltreffende supermini (Citroën DS3 1.6 e-HDi 115 Airdream: ware 63.0 mpg) deur What car ? naas die Citroën C3.

Verwysings

Eksterne skakels

DS3