Die Alfa Romeo MiTo (Tipe 955) is 'n driedeur luukse supermini wat amptelik bekendgestel is op 19 Junie 2008 te Castello Sforzesco in Milaan, Italië met 'n internasionale bekendstelling by die Britse motorskou in 2008. Die motor was beskikbaar in al Alfa se belangrikste markte in stadiums sedert Julie 2008.

Die driedeurluikrug beskik oor voorwielaandrywing en kompeteer met die MINI en die nuwer Audi A1. Die MiTo is ontwerp deur Centro Stile Alfa Romeo en is moontlik geïnspireer deur die 8C Competizione.

Die MiTo word op Fiat se kleinplatform gebou wat ook gebruik word vir die Fiat Grande Punto. Tussen 2008 en 2012 is sowat 200 000 Mito's gebou.

Verwysings

MiTo