Walter Hubert Annenberg (13 Maart 1908 - 1 Oktober 2002) was 'n Amerikaanse uitgewer, filantroop en diplomaat. duimnael|links|Koninklike besoek op Sunnylands: Walter (heel regs) en Leonore Annenberg (tweede van links) saam met koningin Elizabeth II van die Verenigde Koninkryk en Prins Philip, Hertog van Edinburg, in Februarie 1983 As entrepreneur het Walter Annenberg die sakebelange van sy familie, wat oorspronklik tot gedrukte media beperk was, uitgebrei om ook radio- en televisiestasies in te sluit. Nadat sy vader in die 1930's in 'n aantal skandale betrokke geraak het, waaronder belastingontduiking, het Walter Annenberg moeite gedoen om die reputasie van sy familie te herstel. So het hy sy lewe lank ruim skenkings aan kunsgalerye en ander publieke en onderwysinstellings gemaak waarvan die totale waarde op VSA-$2 miljard beraam is.The New York Times, 2 Oktober 2002: Walter Annenberg, 94, Dies; Philanthropist and Publisher. Besoek op 1 Julie 2015

Annenberg het nooit geskroom om met sy media by politieke debatte betrokke te raak en sy eie standpunte te bevorder nie. Hy het mediaveldtogte ten gunste van die VSA se ekonomiese herstelplan ná die Tweede Wêreldoorlog, die Marshall-plan, en teen die heksejag op kommuniste en vermeende kommuniste in die McCarthy-tydperk gevoer.

Annenberg het 'n luukse leefstyl geniet. In Sunnylands, sy uitgestrekte landgoed en villa in 'n Suid-Kaliforniese woestynstreek naby Rancho Mirage en Palm Springs, het hy saam met sy eggenote Leonore koninklike gaste, staatshoofde en baie ander bekende persoonlikhede onthaal. As die Verenigde State se ambassadeur in die Verenigde Koninkryk - 'n pos wat hy tussen 1969 en 1974 beklee het - het Annenberg baie gewild geraak en is as Ridderkommandeur met die tweede seniorklas van die Orde van die Britse Ryk vereer.

Sien ook Annenbergstigting

Verwysings

Kategorie:Amerikaanse diplomate Kategorie:Amerikaanse entrepreneurs Kategorie:Amerikaanse filantrope Kategorie:Amerikaanse Jode Kategorie:Ambassadeurs Kategorie:Geboortes in 1908 Kategorie:Sterftes in 2002