Die Citroën Xsara WRC was 'n wêreldtydrenmotor wat vir die Citroën Wêreldtydrenspan ontwikkel en gebou is deur Citroën Racing vir gebruik sedert die 2001 Wêreldtydrenkampioenskapseisoen. Dit is gebaseer op die luikrugbakwerk van die Citroën Xsara padmotor, maar met baie min ooreenkoms onder die vel, en was een van die suksesvolste motors ooit in die kampioenskap.
In 1999 het die Xsara WRC se voorganger, die tweewieldryf natuurlik geaspireerde Xsara Kit Car, algeheel gewen in die Rallye Catalunya en Tour de Course. Hierdie motor was beskou as die beste motor in sy klas. In 2001 is die boustelmotorkategorie vervang deur Super 1600 en 2000 Super, en die Citroën Xsara het meegeding in die wêreldtydrenmotorkategorie. In 2002 het die Franse bestuurder Sébastien Loeb byna die Monte Carlo-tydren gewen, maar hy is gestraf as gevolg van 'n onwettige bandomruiling. Dit het gelyk of die motor hom soos 'n handskoen pas, en hy het daarna die Duitse Tydren en 'n rits ander wêreldtydrenne met die Xsara gewen.
Kategorie:Citroën Kategorie:Tydrenmotors
en:Citroën Xsara#Xsara WRC fr:Citroën Xsara#Citroën Xsara WRC