Die Citroën Xsara is 'n klein gesinsmotor wat vanaf 1997 tot 2006 deur die Franse motorvervaardiger Citroën gebou is.

Die Xsara was 'n ontwikkeling van die Citroën ZX en die Peugeot 306, waarmee dit 'n platform en aandryfstelsel deel.

Dit was beskikbaar in 3- of 5-deur luikrug en 5-deur stasiewabakwerke; die stasiewa was bemark as die Break en die 3-deurluikrug as die Coupé. Die inlynviersilinderenjinreeks sluit in 1.4, 1.6, 1.8 en 2.0-liter petrolenjins asook 1.6, 1.9 en 2.0-liter turbodiesels, en in sekere lande, ook 'n 1.5-liter PSA TUD-dieselenjin.

Verwysings

Eksterne skakels

Xsara modelinligting Citroën Xsara botsingstoets Betekenis van die woord "Xsara"

Xsara