Die Citroën C4 WRC is 'n wêreldtydrenmotor wat vir die Citroën Wêreldtydrenspan ontwikkel en gebou is deur Citroën Racing vir gebruik sedert die 2007 Wêreldtydrenkampioenskapseisoen. Dit is gebaseer op die Citroën C4 padmotor, het die Citroën Xsara WRC vervang en is self opgevolg deur die verbeterde Citroën DS3 WRC. Die motor het sedert 2007 elke jaar die titel in die hande van Sébastien Loeb verower, sowel as die vervaardigerstitel in 2008, 2009 en 2010.
Die C4 WRC en Loeb hou 'n 100% rekord op teerbyeenkomste tydens sy WRC loopbaan, en wen al 13 slegs-teerrondes van die Wêreldtydrenkampioenskap.
Verwysings
Kategorie:Citroën Kategorie:Tydrenmotors