duimnael|links|Tradisionele kleredrag van die Inuïete: rob (links) en rendier (regs). duimnael|links|Lede van die Inuïtiese Sirkumpolêre Konferensie. Inuïete is die naam van die Eskimo's van Groenland en Kanada vir hulself. Die Eskimo's van Alaska word Yupik genoem en is verwant aan die Siberiese Yupiks van die noordooste van die Russiese Verre-Ooste.
Naam Die woord "Inuïet" word meestal as sinoniem vir "Eskimo" gebruik omdat sommige Eskimo's laasgenoemde naam as neerhalend beskou. Die Inuïtiese Sirkumpolêre Konferensie van 1977 in Barrow, Alaska, het besluit om die woord Eskimo oorkoepelend met die woord Inuïet te vervang, ongeag watter plaaslike naam gebruik word. In Afrikaans word dié tradisie gevolg.
Tale Die Inuïete praat verskillende tale van die Eskimo-Aleoetiese taalgroep (die Inuïtiese tale), waarvan Inuktitut in Kanada en Groenland die meeste sprekers het. Die Inuïete het nie ’n letterkundige tradisie nie, maar besit ’n ryk skat van mondeling oorgelewerde mites en verhale, die Inuïtiese mitologie.
Verwysings
Bibliografie Giulia Bogliolo Bruna, Apparences trompeuses. Sananguaq. Au coeur de la pensée inuit, (Préface J. Malaurie, Postface R. Santoni), Yvelinédition, coll. Latitude Humaine, Montihny-le-Bretonneux, 2007.
Eksterne skakels
15px Hierdie artikel is vertaal uit die Nederlandse Wikipedia
Kategorie:Etniese groepe in Europa Kategorie:Etniese groepe in Asië Kategorie:Etniese groepe in Kanada Kategorie:Etniese groepe in die Verenigde State van Amerika Kategorie:Inheemse volke