Kurt Friedrich Gödel (/ˈkɜrt ɡɜrdəl/; Duits: ; 28 April 1906 – 14 Januarie 1978) was 'n Oostenrykse en later Amerikaanse logikus, wiskundige en filosoof. Saam met Aristoteles en Gottlob Frege, as een van die mees beduidende logici in die geskiedenis, het Gödel 'n groot impak op die wetenskaplike en filosofiese denke in die 20ste eeu gemaak, 'n tydvak waarin ander soos Bertrand Russell,  A.N. Whitehead, en David Hilbert baanbrekerswerk oor die gebruik van logika en versamelingsteorie in die verstaan van die grondslae van die wiskunde gedoen het.

Gödel het sy twee onvolledigheidstellings in 1931 gepubliseer toe hy 25 jaar oud was, een jaar nadat hy sy doktoraat aan die Universiteit van Wene voltooi het. Die eerste onvolledigheidstelling lui dat vir enige self-konsekwente rekursiewe aksiomatiese stelsel wat kragtig genoeg is om die rekenkunde van die natuurlike getalle (byvoorbeeld Peano-rekenkunde) te beskryf, is daar geldige stellings oor die natuurlike getalle wat nie vanuit die aksiomas bewys kan word nie. Om hierdie stelling te bewys, het Gödel 'n tegniek, bekend as Gödel-numerering, wat formele uitdrukkings as natuurlike getalle enkodeer, ontwikkel.

Hy het ook aangetoon dat nóg die keuseaksioma, nóg die kontinuumhipotese vanuit die aanvaarde aksiomas van versamelingsteorie weerlê kan word, onder die aanname dat hierdie aksiomas konsistent is. Die eersgenoemde resultaat het die deur vir wiskundiges oopgemaak  Hy het ook belangrike bydraes tot die bewysteorie gelewer deur die verband tussen klassieke logika, intuisionistiese logika en modale logika te verduidelik.

Verwysings

Eksterne skakels

Kategorie:Amerikaanse filosowe Kategorie:Amerikaanse wiskundiges Kategorie:Oostenrykse filosowe Kategorie:Filosowe in die 20ste eeu Kategorie:Wiskundiges in die 20ste eeu Kategorie:Logici Kategorie:Geboortes in 1906 Kategorie:Sterftes in 1978