duimnael|regs|280px|1969 Alfa Romeo Giulia Super Giardiniera (stasiewa).
Die Alfa Romeo Giulia (105-reeks) is 'n sportsedan wat deur die Italiaanse motorvervaardiger Alfa Romeo vervaardig is vanaf 1962 tot 1978. Alfa Romeo was een van die eerste vervaardigers om 'n kragtige enjin in 'n liggewigmotor te pas vir hoofstroomproduksie. Die Giulia weeg net oor die 1000 kg en was toegerus met 'n ligte allooi dubbelbonokas inlynviersilinderenjin, soortgelyk aan dié van die vorige Giulietta modelle. Enjingroottes was 'n 1.3-liter (1290 cc) of 1.6-liter (1570 cc).
Verskillende konfigurasies van vergassers en instelling het 'n kraglewering van 55–75 kW voortgebring. Byna alle Giulias het 'n 5-ganghandratkas gehad. Giulias is bekend vir hul lewendige prestasie onder sedans van daardie era, veral oor sy beskeie enjingrootte. Die gewilde Superweergawe met die dubbelvergasser 1.6 liter-enjin het 'n topspoed van 170 km/h en 0–100 km/h-tyd van ongeveer 12 sekondes gehad. Dit was vinniger as baie sportmotors van die laat 1960's en vroeë 1970's. Alle Giulia's het die fabriek verlaat met oorspronklik toegeruste Pirelli Cinturato 165HR14 of 155HR15 bande.
Eksterne skakels Alfa-webwerf
Verwysings
Giulia