Jessie Yasmin Duarte (gebore 19 September 1953 - 17 Julie 2022) was 'n Suid-Afrikaanse politikus en sedert 2012 die adjunk-sekretaris-generaal van die African National Congress (ANC). Sy was ook 'n beroemde anti-apartheid-aktivis, 'n spesiale assistent van Nelson Mandela, 'n lid van die uitvoerende raad (LUR) in Gauteng, 'n ambassadeur na Mosambiek en 'n woordvoerder van die ANC.

Omstredenheid In 1988 is Duarte deur die apartheidsregering sonder verhoor aangehou. In 2014 het Duarte die staat van Israel met Nazi-Duitsland vergelyk.

Familie Duarte was die suster van Achmat Dangor.

Verwysings

Eksterne Skakels Jessie Duarte – Who'sWho Southern Africa Jessie Duarte se amptelike beskrywing op die ANC se webwerf

Kategorie:Suid-Afrikaanse politici Kategorie:Geboortes in 1953 Kategorie:Sterftes in 2022 Kategorie:Politici van die African National Congress Kategorie:Anti-apartheidsaktiviste Kategorie:Suid-Afrikaanse anti-apartheidsaktiviste