Die Alfa Romeo 147 is 'n klein motor wat tussen 2000 en 2010 deur die Italiaanse vervaardiger Alfa Romeo gebou is. Die Alfa 147 is in Europa, Suid-Afrika, Australië en Nieu-Seeland verkoop, en het die "Europese Motor van die Jaar"-toekenning in 2001 verower deur die Ford Mondeo en Toyota Prius uit te stof.

As gevolg van die oorheersende posisie van die 147 se voorste sierrooster, moet eienaars van dié motor hul registrasienommerplate links voor laat aanbring, wat afbreuk doen aan die andersins pragtige balans van die motortjie.

Verwysings

Alfa Romeo 147