Andile Ngcaba Abner is 'n Suid-Afrikaanse sakeman wat vir sy bydraes in die gebied van tegnologie beroemd is.
Lewensloop Andile Ngcaba Abner is op 12 Junie 1956 by Duncan Village, Oos-Londen in die Unie van Suid-Afrika gebore. Deesdae woon Ngcaba in Johannesburg.
Hy is die voorsitter, stigter en meerderheidsaandeelhouer van die belegging groep Convergence Partners. Ngcaba is ook die uitvoerende voorsitter van Dimension Data Middle East and Africa, 'n filiaal van die Dimension Data plc. Group.http://www.dimensiondata.com/ Dimension Data
Tydens die dae van die apartheid was Ngcaba 'n ANC-aktivis, en daarna die direkteur-generaal van kommunikasie in die demokratiese Suid-Afrika. In 2003 het hy die regering verlaat om 'n loopbaan in die privaatsektor na te streef.
Verwysings
Eksterne skakels
Amptelike webwerf convergencepartners.co.za
Kategorie:Suid-Afrikaanse anti-apartheidsaktiviste Kategorie:Suid-Afrikaanse entrepreneurs Kategorie:Geboortes in 1956 Kategorie:Lewende mense