Die Bahrein Internasionale Renbaan (Arabies: حلبة البحرين الدولية) is 'n motorsportplek wat in 2004 geopen is en waar die jaarlikse Bahreinse Grand Prix plaasvind.
Die 2004 Bahreinse Grand Prix was die eerste Formule Eenren wat in die Midde-Ooste plaasgevind het. Sedert 2006 het Australiese V8 Supermotors elke jaar hier gejaag, in 'n byeenkoms wat as die "Desert 400" bekend gestaan het. Die V8 Supermotors het egter nie vir die 2011 seisoen teruggekeer nie. 24-uur uithourenne en versnelrenne vind ook hier plaas. Die baan beskik oor 'n FIA Graad 1-lisensie.
senter|330px
Uitdaging Soos alle nuwer bane (Maleisië, China en Turkye), is die baan in Sakhir ongeveer 30 km vanaf die poorte van Manama deur die Duitse argitek Hermann Tilke ontwerp.
Die besondere uitdaging van Bahrein is dat die wedren in die woestyn plaasvind. Benewens die soms drukkende hitte, het die motors ook groot probleme met klein sand- en stofdeeltjies in die transmissie-, enjin- en koelinlaat, of op die remkussings, wat kan lei tot die faal van hierdie komponente.
Verwysings
Kategorie:Bahreinse Grand Prix Kategorie:Sport in Bahrein Kategorie:Geboue en strukture in Asië Kategorie:Renbane