Die wolhaarrenoster (Coelodonta antiquitatis) is ’n uitgestorwe renoster wat in die Pleistoseen algemeen in Europa en Noord-Asië voorgekom en die laaste glasiale tyd oorleef het.
Evolusie duimnael|220px|links|’n Chauvet-grottekening van die wolhaarrenoster. duimnael|270px|Die skelet van die wolhaarrenoster. As die laaste lid van die Pleistoseense renoster was die wolhaarrenoster goed aangepas by die omgewing. Sy stewige ledemate en dik wolpels was ideaal vir die ysvormende steppe-toendra-omgewing van dié tyd. DNS-studies wys sy naaste lewende verwant is die Sumatraanse renoster.Orlando, L.; Leonard, J.A.; Thenot, A.L.; Laudet, V.; Guerin, C.; Hänni, C. (2003). "Ancient DNA analysis reveals woolly rhino evolutionary relationships". Molecular Phylogenetics and Evolution 28 (3): 485–499. doi:10.1016/S1055-7903(03)00023-X.
Beskrywing Die uitwendige voorkoms van die wolhaarrenoster is bekend uit gemummifiseerde individue uit Siberië sowel as grottekeninge. ’n Volwasse dier was sowat 3 tot 3,8 meter lank en het sowat 1 800 tot 2 700 kg geweeg. Dit was tot 2 meter hoog, min of meer so hoog soos die hedendaagse witrenoster. Die voorste horing was sowat 61 cm lank, met ’n korter een tussen die oë.Fortelius, Mikael (1983). "The morphology and paleobiological significance of the horns ofCoelodonta antiquitatis(Mammalia: Rhinocerotidae)". Journal of Vertebrate Paleontology 3 (2): 125–135. doi:10.1080/02724634.1983.10011964. ISSN 0272-4634 Dit het ’n dik en lang pels gehad asook klein ore, kort en dik bene en ’n bonkige lyf.
Die vorm van die dier was net uit prehistoriese grottekeninge bekend totdat ’n ten volle bewaarde voorbeeld in Pole ontdek is. Dié volwasse wyfie is nou in die Poolse Natuurhistoriese Museum in Krakow te sien. Verskeie bevrore fossiele is ook in Siberië ontdek – die laaste een in 2007.Boeskorov, G. G. (2012). "Some specific morphological and ecological features of the fossil woolly rhinoceros (Coelodonta antiquitatis Blumenbach 1799)". Biology Bulletin 39 (8): 692–707. doi:10.1134/S106235901208002X
Verwysings
Parker, Steve. Dinosaurus: The Complete Guide to Dinosaurs. Firefly Books Inc, 2003. Bl. 422.
Eksterne skakels Foto's van die wolhaarrenoster wat in Pole ontdek is Fossiel van ’n skedel uit België Fossiel van ’n skedel uit Duitsland
15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia
Kategorie:Uitgestorwe soogdiere