Amélie Simone Mauresmo (Frans: [ameli simɔn moʁɛsmo]; gebore 5 Julie 1979 in Saint-Germain-en-Laye, Frankryk) is 'n voormalige Franse tennisspeler.
Mauresmo het twee Grand Slam-titels by die Australiese Ope en Wimbledon gewen, en ook 'n silwermedalje tydens die Olimpiese Somerspele 2004 ingepalm. Sy was in 2006 vir 34 weke die nommer een tennisspeler op die WTA-ranglys. Sy het in Desember 2009 uitgetree.
Mauresmo was van Junie 2014 tot Mei 2016 die afrigter van Andy Murray.
Grand Slam-rekord duimnael|links|upright|Amélie Mauresmo tydens die Australiese Ope 2005 duimnael|links|upright|Amélie Mauresmo tydens Wimbledon 2007 Die tabel toon Mauresmo se prestasie tydens elk van die Grand Slam-toernooie in vroueenkels waaraan sy deelgeneem het: Jaar Australiese Ope Franse Ope Wimbledon VSA Ope1995 Nie deelgeneem nie Rondte 1 Nie deelgeneem nie Nie deelgeneem nie1996 Nie gekwalifiseer nie Rondte 2 Nie deelgeneem nie Nie deelgeneem nie1997 Nie gekwalifiseer nie Rondte 2 Nie gekwalifiseer nie Nie deelgeneem nie1998 Rondte 3 Rondte 1 Rondte 2 Rondte 31999 Eindstryd Rondte 2 Nie deelgeneem nie Rondte 42000 Rondte 2 Rondte 4 Rondte 1 Nie deelgeneem nie2001 Rondte 4 Rondte 1 Rondte 3 Kwarteindstryd2002 Kwarteindstryd Rondte 4 Halfeindstryd Halfeindstryd2003 Nie deelgeneem nie Kwarteindstryd Nie deelgeneem nie Kwarteindstryd2004 Kwarteindstryd Kwarteindstryd Halfeindstryd Kwarteindstryd2005 Kwarteindstryd Rondte 3 Halfeindstryd Kwarteindstryd2006 Wenner Rondte 4 Wenner Halfeindstryd2007 Rondte 4 Rondte 3 Rondte 4 Nie deelgeneem nie2008 Rondte 3 Rondte 2 Rondte 3 Rondte 42009 Rondte 3 Rondte 1 Rondte 4 Rondte 2
Verwysings
Eksterne skakels
Amélie Mauresmo se ITF-profiel Amélie Mauresmo se WTA-profiel
Kategorie:Franse tennisspelers Kategorie:Geboortes in 1979 Kategorie:Lewende mense Kategorie:Olimpiese deelnemers