Henco Venter (* 27 Maart 1992) is ’n rugbyspeler wat vir die Cheetahs as flank speel in die Superrugbyreeks en vir die Vrystaat Cheetahs in die Curriebeker- en Vodacombekerreekse. Venter is ’n neef van oud-Springbok Ruben Kruger.
Persoonlike lewe Venter is ’n teologiestudent aan die Universiteit van die Vrystaat.
Loopbaan Jeug Venter het die Vrystaat in 2005 in die o/13 Cravenweektoernooi verteenwoordig. In 2008 het hy dieselfde provinsie in die o/16 Grant Khomo-week verteenwoordig en is hy gekies vir die o/16 Elitespan. Hy het in die volgende jaar ook in die Akademieweek gespeel. In 2011 is Venter ingesluit in die Vrystaatse o/19-span wat aan die provinsiale toernooi deelgeneem het, en in die volgende twee jaar het hy die Vrystaat op o/21-vlak verteenwoordig.
Hy het ook in die Varsitybeker vir die Shimlas van die Universiteit van die Vrystaat gespeel. Aan die einde van die 2015-toernooi is Venter ingesluit in die Varsitybeker Droomspan wat ’n vriendskaplike wedstryd teen die Suid-Afrikaanse nasionale o/20 rugbyspan in Stellenbosch gespeel het.
Vrystaat Cheetahs/Cheetahs Venter het sy debuut vir die Vrystaat Cheetahs gemaak in die Promosie-/relegasiewedstryde vir die 2013 Curriebekerseisoen teen die Oostelike Provinsie. Hy is ook ingesluit in die span vir die 2013 Curriebeker Premierafdeling.
In Julie 2014 het Venter sy kontrak met die Vrystaatse Rugbyunie tot aan die einde van 2015 verleng.
Eksterne skakels
Verwysings
Kategorie:Suid-Afrikaanse rugbyspelers Kategorie:Cheetahs rugbyspelers Kategorie:Geboortes in 1992 Kategorie:Lewende mense Kategorie:Afrikaners