Michail Wasilewitsj Lomonosof (19 November [O.S. 8 November] 1711 – 15 April [O.S. 4 April] 1765) was 'n Russiese "Renaissance-man", wetenskaplike en skrywer. Lomonosof het belangrike bydraes gemaak tot die letterkunde, opvoedkunde en wetenskap. Sy ontdekkings sluit onder andere die ontdekking van die atmosfeer van Venus in.

As 'n wetenskaplike het hy onder meer bygedra tot die vakgebiede chemie, fisika, mineralogie, geskiedenis, kuns, filologie en optika. Hy was ook 'n digter, en het 'n invloed gehad op die ontwikkeling van literêre Russies.

Eksterne skakels

duimnael|340px|senter|Lomonosof se skets van 'n spieëlteleskoop

Kategorie:Russiese wetenskaplikes Kategorie:Geboortes in 1711 Kategorie:Sterftes in 1765