duimnael|regs|Bloeiwyse duimnael|regs|Die vrug, 'n viervlerkige samara Combretum apiculatum, algemeen bekend as die rooiboswilg, is 'n boomspesie in die familie Combretaceae. Die spesie is inheems aan semi-ariede tot gematigde savannestreke van Afrika suid van die ewenaar.
Beskrywing Dit is 'n semi-bladwisselende boom wat tot 10 meter hoog groei, of by geleentheid 'n struik wat plat bly. Dit het 'n growwe en gesplyte grysswart bas, en die dunner takkies mag wollerig afgewerk wees. Die teenoorstaande blare is 11 tot 13 cmCombretum apiculatum. Flora Zambesiaca Volume 4 Deel 0 (1978). Combretaceae deur A. W. Exell. Kew Koninklike Botaniese Tuin. lank, en mag haarloos of harig wees, na gelang van die subspesie. Die blaar vernou skerp tot 'n gedraaide blaarpunt. Die loof word met herfstyd rooierig of goudkleurig.Masupa, T. en E. Rampho. Combretum apiculatum (Sond.) subsp. apiculatum. PlantzAfrica.com, Pretoria Nasionale Herbarium, Januarie, 2011. Die aar-bloeiwyses van tot 7 cm lank verskyn tussen die blare. Hulle dra geel of groenerige blomme met klein kelk- en kroonblare, en met die style en meeldrade om en by 0,5 cm lank. Die blomme is sterk gegeur. Die rooierige, gevlerkte vrugte word 2 tot 3 cm lank. Rooiboswilge het 'n goed ontwikkelde vlak laterale wortelstelsel. Alhoewel sommige bronne 'n "diep wortel" meld, word die wortelstruktuur hoofsaaklik deur uitgebreide laterale wortels gekenmerk wat nie-aggressief is. Die boom absorbeer doeltreffend vog uit ligte reënbuie wat nie diep in die grond of sand indring nie. Die laterale wortels kan soveel as 7 tot 12,5 keer die radius van die boom se blaredak strek.
Subspesies Twee subspesies word erken, naamlik die suidelike ssp. apiculatum, en ssp. leutweinii, wat vanaf Namibië tot Malawi en verder noordwaarts aangetref word, en aan die meer harige blare onderskeibaar is.
Verspreiding en habitat Die spesie is inheems aan Suid-Afrika, Eswatini, Botswana, Mosambiek, Namibië, Zimbabwe,Schmidt, E., et al. Trees and Shrubs of Mpumalanga and Kruger National Park, Jacana Media, 2002. bladsy 456. suidelike Angola, Zambië, Malawi, suidoostelike DRK, Tanzanië en suidelike Kenia.
Die boom is teenwoordig in verskillende ekostelsels van suidelike Afrika. In savannes van verskillende gebiede is dit dominant,Walker, B.H. A review of browse and its role in livestock production in southern Africa. In: Le Houérou, H.N., red. Browse in Africa: The Current State of Knowledge. International Symposium on Browse in Africa. Addis Ababa. 8-12 April 1980.Bengtsson-Sjörs, K. (2006). Establishment and survival of woody seedlings in a semi-arid savanna in southern Botswana. Komitee vir Tropiese Ekologie, Uppsala-universiteit, Swede. insluitend die laeveld en in mopanie-boomveld. Dit word saam met ander houtagtige gewasse aangetref soos die haakdoring (Senegalia afra), sekelbos (Dichrostachys cinerea), suurpruim (Ximenia afra), dikbas (Lannea discolor), bergsering (Kirkia acuminata) en maroela (Sclerocarya afra).
Benutting deur wild en lewende hawe Baie diere benut die boom, veral vir voedsel. Koedoes, bosbokke, elande, kameelperde en olifante vreet die blare. Elande vind die boom só smaaklik dat hulle dit kan beskadig wanneer hulle daaraan vreet. Die bruinkoppapegaai vreet die sade.
Beeste vreet ook die blare. Die vrugte is skadelik vir lewende hawe weens die toksiese bestanddele daarvan. Die loof is goeie byvoeding vir boerbokke.
Menslike gebruik Hierdie boom het digte (1.15),http://worldagroforestry.org/treesnmarkets/wood/data.php?id=588# fyngegrynde, sterk, donkerbruin tot swart pithout, wat soms vir brandhout of vir houtskool-vervaardiging gebruik word. Dit is hard en termietbestand. Die boom herspruit goed as dit afgestomp word, en dra weer welige lower. Die bas is al vir leerlooiery aangewend. Medisinale gebruike sluit die behandeling van bindvliesontsteking en maagaandoenings in. Dit bevat antioksidant-verbindings, soos kardamonien, pinokembrien, kwersetien en kaempferol. Dit is 'n geskikte tuinboom, aangesien dit ryp en droogte kan weerstaan, en skadu verskaf.
Volksname In Afrikaans staan dit ook bekend as rooibos of rooiblad, en daar bestaan baie volksname in ander tale, waaronder umbondwe in Zoeloe, imbondvo in Swazi, mohwidiri in Tswana, mohwelere in Sepedi, muvuvha in Venda, ndhuva in Tsonga, rukweza in Sjona en omumbuti in Herero.
Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bome
Bronne
Eksterne skakels
Kategorie:Combretum Kategorie:Bome van Afrika Kategorie:Flora van Angola Kategorie:Flora van Botswana Kategorie:Flora van die Demokratiese Republiek die Kongo Kategorie:Flora van Eswatini Kategorie:Flora van Mosambiek Kategorie:Flora van Malawi Kategorie:Flora van Namibië Kategorie:Flora van Kenia Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Flora van Tanzanië Kategorie:Flora van Zambië Kategorie:Flora van Zimbabwe