Alfa Romeo Giulietta is die naam van drie verskillende geslagte motors wat deur die Italiaanse vervaardiger Alfa Romeo gebou is:
Die eerste Giulietta was 'n agterwielaangedrewe kar van 1954 tot 1965, in 4-deur sedan, koepee, spider en estate vorme. Dit is deur die Alfa Romeo Giulia vervang. Die Giulia is weer vervang deur die tweede Giulietta (Type 116), 'n agterwielaangedrewe 4-deursedan verwant aan die Alfa Romeo Alfetta, vervaardig van 1977 tot 1985. Die derde geslag Giulietta is 'n voorwielaangedrewe klein gesinsluikrug wat sedert 2010 vervaardig word.
Eksterne skakels
Giulietta