duimnael|250px|regs|'n Kaatswedstryd in Franeker. duimnael|250px|regs|Folkert van der Wei maak gereed om die bal te kaats.

Kaatsspel is 'n opelugspel wat tans nog in Nederland, Baskeland, Frankryk en België gespeel word. Tydens die spel word 'n balletjie tussen twee mededingende partye op 'n baan met die blote of bedekte plathand heen en weer gedryf. Om te kaats (werkwoord) is om die kaatsspel te speel. Die kaatser is die persoon wat die bal speel. Dit word op 'n kaatsbaan of kaatsveld beoefen (meestal van gras), waarop die kaatsbal heen en weer geslaan word.Soos in die HAT gedefinieer

Kaatsspel is nie-amptelik by die Olimpiese Somerspele 1928 in Amsterdam gedemonstreer. Daar word geglo dat dit een van die oudste balsporte ter wêreld is wat vandag nog beoefen word. Die telling is soortgelyk aan tennis. Die eerste span wat ses potte wen, wen die wedstryd.

Verwysings

Eksterne skakels

Koninklike Nederlandse Kaatsbond Amptelike webtuiste van die PC Kaatshistorie.nl – Historiese foto's van kaats in Friesland Fryslân Keatst – Webtuiste vir lede- en federasiekaatsers

Kategorie:Balsporte Kategorie:Spansporte