Coenie van Wyk (gebore in Bellville, 8 Januarie 1988) is ’n Suid-Afrikaanse rugbyspeler wat vir die Cheetahs in Superrugby op heelagter en losskakel speel en ook vir die Vrystaat Cheetahs in die Vodacombeker en Curriebeker.

In 2013 is Van Wyk in die Suid-Afrikaanse Presidente XV ingesluit wat aan die 2013 IRR Tbilisibeker deelgeneem het. Die span het die toernooi gewen en was onoorwonne in hul drie wedstryde.

Van Wyk is in 2014 by die Lions se span ingesluit vir die 2014 Superrugbyseisoen en is gekies as plaasvervanger in die eerste wedstryd van die seisoen teen die Cheetahs; hy het egter nie speelkans gekry nie.

Hy het hom in 2015 hy die Vrystaatse Rugbyunie aangesluit.

Eksterne skakels

itsrugby profiel

Verwysings

Kategorie:Suid-Afrikaanse rugbyspelers Kategorie:Cheetahs rugbyspelers Kategorie:Lions rugbyspelers Kategorie:Geboortes in 1988 Kategorie:Lewende mense Kategorie:Afrikaners