Leopold I (9 Junie 1640 – 5 Mei 1705) was 'n keiser van die Heilige Romeinse Ryk. Hy is gebore in Wene, Oostenryk en was die tweede seun van Ferdinand III, Heilige Romeinse Keiser. Na die afsterwe van sy broer, Ferdinand IV, in 1654 word hy die opvolger op sy vader se troon. Hy word in 1655 koning van Hongarye en regeer tot 1687. Hy word ook koning van Boheme in 1657 en volg sy vader op as keiser in 1658. Gedurende die grootste gedeelte van sy tyd as keiser was sy ryk in oorlog gewikkel. Hy was nie opgewasse vir sy rol as administrateur of militaris nie en het die take oorgelaat aan sy ministers en generaals. In 1662 breek 'n oorlog uit met die Turke.
Eksterne skakels
Kategorie:Duitse komponiste Kategorie:Duitse konings Kategorie:Geboortes in 1640 Kategorie:Huis van Habsburg Kategorie:Oostenrykse komponiste Kategorie:Sterftes in 1705 Kategorie:Keisers (HRR)