Wilmington 280px Kaart Wapen 180px|center 75px|center Vlag 90px|center Land Deelstaat 20px Noord-Carolina County New Hanover Koördinate Stigting Geïnkorporeer op 20 Februarie 1739/1740 Oppervlakte: - Totaal 107,4 vk km Hoogte bo seevlak 9 m Bevolking: - Totaal (2012) 112 067 - Bevolkingsdigtheid 714,2/vk km Tydsone EST (UTC -5) Somertyd EDT (UTC -4) Burgemeester Bill Saffo Amptelike Webwerf wilmingtonnc.gov
Wilmington is 'n stad in die deelstaat Noord-Carolina en is ongeveer 217km suidoos van Raleigh. Die stad is geleë aan die Cape Fearrivier en is 48km vanaf die Atlantiese Oseaan.
Geskiedenis Die Engelse was die eerste persone wat hier gevestig geraak het in 1730 en hulle het die nedersetting New Liverpool genoem. Die naam het later verander na New Town en in 1734 het dit Wilmington geword. Die nedersetting het dorpstatus verkry in 1760 en stadstatus in 1866. Die nedersetting was die eerste om gewapende weerstand te bied teen Brittanje nadat die Seëlwet in 1765 afgekondig was. In 1775 het hulle die Britse Goewerneur uit die dorp verban en in 1781 tot 1792 het Lord Cornwallis die dorp beset.
Gedurende die Amerikaanse Burgeroorlog was die dorp onder beheer van die Gekonfedereerde State tot dit deur die Unie ingeneem is in Januarie 1865.
Wilmington was ook die tuiste van William Hooper, een van die persone wat die Amerikaanse Onafhanklikheidsverklaring geteken het.
Bron Collier's Encyclopedia, Crowell-Collier Educational Corporation, Volume 23, Bladsy 505.
Kategorie:Nedersettings in Noord-Carolina