Paddington is 'n stadsdeel in die City of Westminster, Sentraal-Londen. Die gebied, wat vroeër 'n selfstandige metropolitaanse borough gevorm het, is in 1965 by Westminster ingesluit.
Paddington word met drie bekende bakens verbind: Paddington-stasie, wat deur die befaamde ingenieur Isambard Kingdom Brunel ontwerp en in 1847 geopen is; St Mary's Hospital; en die Paddington Green-polisiestasie, die belangrikste hoëveiligheidsstasie in die Verenigde Koninkryk.
Tans is 'n projek aan die gang waardeur 'n vroeëre spoorweg- en kanaalterrein in die buurt herontwikkel word. Paddington Waterside, wat in 1998 begin is en in 2018 voltooi sal word, is een van die grootste stedelike regenerasieprogramme in Sentraal-Londen sedert die einde van die Tweede Wêreldoorlog.
Kategorie:Londen