Green Bay 280px Kaart Wapen 180px|center 75px|center Vlag 90px|center Land Deelstaat 20px Wisconsin County Brown Koördinate Oppervlakte: - Totaal 144,94 vk km Bevolking: - Totaal (2013) 104 779 - Bevolkingsdigtheid 883,6/vk km Tydsone CST (UTC -6) Somertyd CDT (UTC -5) Burgemeester Jim Schmitt Amptelike Webwerf greenbaywi.gov
Green Bay is 'n hawestad in die deelstaat Wisconsin en geleë aan die oewer van die Michiganmeer in Green Bay by die monding van die Foxrivier. Die stad is ongeveer 160 km noord van Milwaukee. Dit is ook die administratiewe setel van Brown County.
Geskiedenis Die eerste besoeker was Jean Nicolet, in die diens van Samuel de Champlain, wat in 1634 hier besoek afgelê het. Nicolas Perrot het in 1665 'n pels handelspos hier gestig en in 1671 het Vader Claude Allouez 'n sendingpos gestig. Alhoewel die Franse Fort Francis gebou het, het die eerste nedersetter, Augustin de Langlade, homself eers in 1745 hom hier gevestig. In 1763 het die Britse Ryk beheer van die area geneem en dit afgestaan teen die einde van die Amerikaanse Rewolusie. Die Britte het vir 'n kort tydjie tydens die Anglo-Amerikaanse Oorlog van 1812 weer beheer gehad oor die area.
Dit het in 1839 dorpstatus en in 1854 stadstatus verkry. In 1895 het dit saamgesmelt met Fort Howard en in 1964 is die dorp Preble ook geïnkorporeer.
Omgewing Daar is meel en graan meulens in die omgewing.
Bron Collier's Encyclopedia, Crowell-Collier Educational Corporation, Volume 11, Bladsy 433.
Kategorie:Nedersettings in Wisconsin