Duluth 280px Kaart Wapen 180px|center 75px|center Vlag 90px|center Land  Deelstaat 20px Minnesota County St. Louis Koördinate  Inkorporasie 1857 Oppervlakte:    - Totaal 226,44 vk km  Hoogte bo seevlak 214 m Bevolking:    - Totaal (2013) 86 128  - Bevolkingsdigtheid 491,3/vk km Tydsone CST (UTC -6) Somertyd CDT (UTC -5) Burgemeester Emily Larson (DFLIn Minnesota tree die Demokratiese Party sedert sy samesmelting met die Farmer-Labor Party op 15 April 1944 op as Democratic-Farmer-Labor Party, kortweg DFL.) Amptelike Webwerf duluthmn.gov

Duluth is hawestad op die oewer van die Bowemeer in die deelstaat Minnesota waar die St. Louisrivier in die meer uitmond. Die administratiewe setel van St. Louis County is hier geleë.

Duluth is 'n binnelandse seehawe op die westelikste punt van die Bowemeer, maar het, ofskoon dit 3768 km vanaf die Atlantiese Oseaan geleë is, met die bou van die Amerikaans-Kanadese Sint Laurenswaterweg - 'n kombinasie van natuurlike en mensgemaakte waterroetes wat in die somer van 1954 begin en in 1959 voltooi is - tot een van die vernaamste Atlantiese seehawens in Noord-Amerika ontwikkel van waar graan, ystererts, hout en ander uitvoerprodukte na bestemmings dwarsoor die wêreld verskeep word.

Geskiedenis duimnael|links|North Pier-vuurtoring en invaart tot die Duluth Ship Canal in Februarie 2020 duimnael|links|'n Sementvrag- en 'n stoorskip in Duluth-hawe. Tradisioneel word daar 'n onderskeiding gemaak tussen skepe wat vir vervoer op die Groot Mere bestem is (lakers) en oseaanvarende skepe (salties) Die eerste blankes hier was Radisonn en Groseilliers, twee Franse pelshandelaars wat omstreeks 1660 hier gejag het. In 1679 het die Franse ontdekkingsreisiger Daniel Greysolon Sieur Duluth die Franse vlag hier gehys. Die nedersetting is eers in 1856 uitgelê en in 1870 het dit stadstatus verkry. Die eerste spoorlyn is in 1870 hiernatoe gebou.

Bekende boorlinge Bob Dylan, sanger-liedjieskrywer (1941)

Bron Collier's Encyclopedia, Crowell-Collier Educational Corporation, Volume 8, Bladsy 417.

Verwysings

Kategorie:Nedersettings in Minnesota