Sault Ste. Marie is hawestad en grenspos in die provinsie Ontario, Kanada. Dit is geleë aan die noordelike oewer van die St. Marysrivier. Aan die oorkant van die rivier is die dorp Sault Ste. Marie, Michigan. Die sluise tussen die Bowemeer en Huronmeer is hier geleë in die St. Marysrivier tussen die twee stede.
Geskiedenis Die plek was eers 'n pelshandelspos en het dorpstatus verkry in 1887 en stadstatus in 1912.
Bron Collier's Encyclopedia, Crowell-Collier Educational Corporation, Volume 20, Bladsy 457.
Kategorie:Nedersettings in Ontario