Nyctaginaceae is ’n familie van blomplante met sowat 33 genera en 290 spesies wat wydverspreid in tropiese en subtropiese klimaatstreke voorkom, met ’n paar spesies in gematigde streke. Die familie het ’n unieke soort vrug, wat ’n "antokarp" genoem word.

Eienskappe Die plante is voorheen as "tweesaadlobbige plante" beskou, maar word deesdae ingedeel as eudikotiele, of "egte tweesaadlobbige plante". Die familie het een voedselgewas, Mirabilis extensa, ’n wortelgroente. Mirabilis jalapa en spesies van die genus Bougainvillea word as sierplante gekweek.

M. jalapa word ook vieruurtjie genoem omdat sy blomme laatmiddag oopgaan en soggens toevou.

Die brosdoring is 'n waardevolle en droogtebestande weidingsplant wat hoofsaaklik in die Karoo aangetref word.

Verwysings

Eksterne skakels Commelinaceae in L. Watson and M.J. Dallwitz (vanaf 1992). ''"The families of flowering plants" : beskrywings, illustrasies en inligting by delta-intkey.com Lys met internasionale plantname

15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia

Kategorie:Caryophyllales Kategorie:Plantfamilies