Die Mazda Étude (bekend as die Mazda Familia in Japan) is 'n kompakte motorvoertuig wat in Japan en elders vervaardig word deur die Mazda Motorkorporasie.
Die BH model is in 1994 op die Japannese plaaslike mark vrygestel met voorwielaandrywing. Produksie van hierdie geslag was van 8 Augustus 1994 tot 18 Junie 1998. Die sedanweergawe is as die Protégé in Noord-Amerika verkoop, in sekere Suid-Amerikaanse markte as die Artis, en as die Étude in Suid-Afrika.
Oorspronklik was daar ook 'n sportiewe koepeestyl-driedeurluikrug (323C/Familia Neo) beskikbaar, maar na swak verkope is dit vervang met 'n meer tradisionele, regop luikrugweergawe, gebaseer op die opgekikkerde Familia-sedan.
Etude
en:Mazda Familia#Seventh generation (BH; 1994–1998)