Bromeliaceae, of die bromelias, is ’n familie eensaadlobbige plante met sowat 3 170 spesies wat hoofsaaklik aan die tropiese streke van die Amerikas inheems is. ’n Paar spesies word ook in die Amerikaanse subtropiese klimaatstreke aangetref en een, Pitcairnia feliciana, in tropiese Wes-Afrika.

Eienskappe duimnael|links|’n Bromelia in die VSA Botaniese Tuin. Dit is een van die bodemstandige families in die orde Poales en is uniek omdat dit die enigste familie in die orde is wat nektarkliere en onderstandige vrugbeginsels het.Judd, Walter S. Plant systematics a phylogenetic approach. 3de uitg. Sunderland, MA: Sinauer Associates, Inc., 2007. Dit kom voor in die subfamilie Bromelioideae.Sajo, M. G. "Floral anatomy of Bromeliaceae, with particular reference to the epigyny and septal nectaries in commelinid monocots." Plant Systematics and Evolution 247 (2004): 215-31. Die familie bevat beide grond- en lugplante. Een van eersgenoemdes is die pynappel (Ananas comosus).

Baie bromelias gaar water en dierereste in ’n struktuur op wat deur hul geutvormige, oorvleuelende blare gevorm word. Ander gaar net water op met blaarstrukture wat trigome genoem word en sommige is selfs woestynvetplante. Die blare het verskillende vorms, van naalddun tot breed en plat, van simmetries tot onreëlmatig, en van stekelrig tot sag. Hulle groei in ’n rosetvorm en is helderkleurig, van maroen en skakerings van groen tot goud. Daar is ook variëteite met rooi, geel, wit en roomkleurige blare.

Die bloeias is meer uiteenlopend as in enige ander plantfamilie. Sommige blomme s’n is tot 10 meter lank, terwyl ander net 2–3 mm breed is. By sommige spesies kan die blomme nie gesien word nie omdat hulle diep in die basis van die plant groei.

Spesies met grondwortels het ’n ingewikkelde wortelstelsel wat water en voedingstowwe opneem, terwyl epifiete harde, draderige wortels het wat aan bome en rotse klou en feitlik geen rol speel in die voeding van die plant nie.

Galery

Verwysings

Eksterne skakels Fotogalery by die World Wide Web Bromeliad Society Taksonlys , ’n lys van name en sinonieme wat voortdurend bygewerk word Palm trees, small palms, Cycads, Bromeliads and tropical plants Foto's en inligting oor habitat en versorging

15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia

Kategorie:Eensaadlobbige plante Kategorie:Plantfamilies