Die Daewoo Lanos is 'n subkompakte motor wat van 1997-2002 vervaardig is deur die Suid-Koreaanse vervaardiger Daewoo Motors. Nadat hy as die "Motor van die Jaar" bekroon is, is produksie onder lisensie voortgesit in verskeie lande wêreldwyd. Dit is ook bemark as die Daewoo Sens, ZAZ Sens en ZAZ Lanos in die Oekraïne, Doninvest Assol en ZAZ Kans in Rusland, FSO Lanos in Pole, of Chevrolet Lanos in die Oekraïne, Rusland en Egipte.
Dit is ontwerp deur Giorgetto Giugiaro en was aanvanklik beskikbaar in drie bakstyle: driedeur- en vyfdeur-luikrugmotors en 'n vierdeursedan. In 2006 is 'n paneelwaweergawe ook bekendgestel, ontwikkel deur ZAZ in die Oekraïne. Die Daewoo Lanos is ontwerp om die Daewoo Nexia in die Daewooreeks te vervang en is self vervang deur die Daewoo Kalos.
Verwysings
Lanos