Die flaminkplant of Anthurium scherzerianum is ’n spesie in die aronskelkfamilie, Araceae. Dit is ’n gewilde huisplant. Die flaminkplant is ’n kruidagtige plant sonder opstaande stingels. Alle blare is grondstandig en het lang, stewige stele. Die blare is tot 30 x 8 cm groot, gespits, leeragtig en donkergroen.
Die plant kom natuurlik voor van die Amasonebekken tot in Guatemala. Dit verkies warm, vogtige toestande en moenie in ’n trek staan nie.
Eienskappe Die skutblaar is glad, skarlakenrooi en eier- of hartvormig. Die blomme is baie klein en is slegs as wit puntjies sigbaar. Die ryp, geel, eiervormige bessies staan dig opmekaar in die bloeikolf.
Soms word plante as flaminkplante te koop aangebied wat eintlik hibriede is van dié soort en Anthurium williamsii. Hierdie hibriede het wit, oranje of rooi skutblare.
Probleme Swamsiekte en wolluise kan voorkom. As die toestande in die winter te koud en nat vir hulle is, kan die blare geel en verlep lyk.Longman, David. Gesonde Huisplante, Stap vir Stap Geïllustreer, J.L. van Schaik, Pretoria. 1992.
Nes ander aronskelkplante is die flaminkplant giftig weens kalsiumoksalaatkristalle.http://www.giftpflanzen.com/anthurium_scherzerianum.html As dit ingesluk word, kan dit die slymvlies irriteer en die sap kan ’n pynlike veluitslag veroorsaak.Toxic Plants. "Safe and Poisonous Garden Plants. Agriculture and Natural Resources." Universiteit van Kalifornië
Verwysings
Eksterne skakels 15px Hierdie artikel is vertaal uit die Nederlandse Wikipedia
Kategorie:Huisplante