Die voëlnesvaring (Asplenium nidus) is ’n spesie varings in die familie Aspleniaceae en is inheems aan die tropiese Suidoos-Asië, Oos-Australië, Hawaii, Polinesië, Indië en Oos-Afrika.
Met ’n minimum temperatuur van 10 ºC gedy die varing in die gematigde temperature van die streke hierbo of as ’n huisplant.
Eienskappe duimnael|links|180px|Voëlnesvarings in ’n tropiese woud in Oos-Timor. Die varing vorm groot, eenvoudige blare wat byna soos piesangblare lyk. Hulle is tussen 50 en 150 cm lank en tussen 10 en 20 cm breed. Hulle is liggroen met ’n leeragtige tekstuur, dikwels gekreukel, met ’n verhewe bruin hoofaar wat veral aan die agter- en onderkant van die blare prominent is. Spore ontwikkel in die sporehopies aan die onderkant van die blare. Dié sporehopies vorm lang rye wat van die hoofaar af uitstrek agter op die buitenste deel van die blaar. Die blare rol terug namate hulle bruin word en skep ’n groot blaarnes.
Habitat Die voëlnesvaring kan óf ’n lugplant wees wat op boomtakke en -stompe groei óf in die grond geplant word, maar groei gewoonlik op organiese materiaal. Dit hou van warm, vogtige gebiede in gedeeltelike tot volle skadu.
Probleme Dopluise kan voorkom. Dowwe, swart of verrimpelde blare kan veroorsaak word deur die verkeerde temperatuur, te veel sonlig, te min water of swak ventilasie.Longman, David. Gesonde Huisplante, Stap vir Stap Geïllustreer, J.L. van Schaik, Pretoria. 1992.
Verwysings
Eksterne skakels Asplenium-afdeling – "Flora Malesiana Symposium Abstracts"
15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia
Kategorie:Huisplante Kategorie:Varings Kategorie:Tuinplante