Die witvarkoor (Zantedeschia aethiopica) is ’n spesie in die aronskelkfamilie, Araceae. Dit is 'n knoldraende, meerjarige plant wat 60 tot 100 cm hoog word. Die blomme is geel, 'n lang smal are van 8-9 cm en word omsluit deur 'n wit leeragtige skutblaar. Die blare is pylvormig. Die plant groei in vleilande of langs strome.

Die plant is inheems aan Suid-Afrika, Lesotho en Eswatini. In Engels staan dit as die common calla lily bekend.

Bronnelys Fotogids tot die Veldblomme van Suid-Afrika, John Manning, Briza Publikasies, REDLIST Sanbi PlantZAfrica Plants of the World Online

Kategorie:Sierplante Kategorie:Zantedeschia Kategorie:Flora van Eswatini Kategorie:Flora van Lesotho Kategorie:Flora van Suid-Afrika