Charlotte Brontë (21 April 1816 - 31 Maart 1855) was 'n Engelse skryfster en het bekend geraak na die publikasie van haar boek Jane Eyre. Sy was deel van die Brontë-familie en het ook die skuilnaam Currer Bell gebruik.
Publikasies duimnael|upright|Branwell Brontë, Painting of the 3 Brontë Sisters, van links na regs: Anne, Emily en Charlotte Brontë. Branwell het homself uit die portret van sy drie susters geskilder. National Portrait Gallery, Londen. duimnael|upright|'n Geïdealiseerde postuum portret deur Duyckinick, 1873, gebaseer op 'n tekening deur George Richmond
Jeugwerke The Young Men's Magazine, Number 1 – 3 (Augustus 1830) A Book of Ryhmes (1829) The Spell The Secret Lily Hart The Foundling Albion and Marina Tales of the Islanders Tales of Angria (geskryf van 1838 to 1839 – 'n bundel kinderlektuur en lektuur vir jong volwassenes, wat vyf kort romans insluit.) Mina Laury Stancliffe's Hotel The Duke of Zamorna Henry HastingsCharlotte het die stuk geskryf, maar Branwell het ook onder dié skuilnaam geskryf in sy jeugwerk Caroline Vernon The Roe Head Journal FragmentsFarewell to AngriaThe Green Dwarf, A Tale of the Perfect Tense is in 1833 geskryf onder die skuilnaam Lord Charles Albert Florian Wellesley. Dit toon die invloed van Walter Scott. Brontë se wysigings aan haar vroeëre gotiese styl het Christine Alexander daartoe beweeg om kommentaar te lewer dat in die werk "it is clear that Brontë was becoming tired of the gothic mode per se".
"Aan die einde van 1839 het Brontë afskeid geneem van haar fantasiewêreld in 'n manuskrip genaamd Farewell to Angria. Sy het al hoe meer gevind dat sy verkies om na haar verbeelde wêrelde te ontsnap as om in die werklikheid te bly - en sy was bang dat sy waansinnig sou word. Sy het dus afskeid geneem van haar karakters, tonele en onderwerpe. [...] Sy het geskryf oor die pyn wat sy gevoel het om haar te ontruk van haar 'vriende' en onbekende gebied te betree".
Romans Jane Eyre, gepubliseer in 1847 Shirley, gepubliseer in 1849 Villette, gepubliseer in 1853 The Professor, geskryf voor Jane Eyre. Die werk is die eerste keer voorgelê saam met Wuthering Heights deur Emily Brontë en Agnes Grey deur Anne Brontë. Gevolglik is die The Professor weer apart voorgelê en verwerp deur verskeie uitgewers. Die werk is postuum uitgegee in 1857 Emma, onvoltooid; Brontë het slegs 20 bladsye van die manuskrip geskryf, en dit is postuum uitgegee in 1860. In onlangse dekades het ten minste twee verskrywings van die fragment verskyn: Emma, deur "Charlotte Brontë and Another Lady", gepubliseer in 1980; alhoewel die werk toegeskryf is aan Elizabeth Goudge, was die werklike skryfster Constance Savery.Bronte, Charlotta and Another Lady. Emma. Moskou: Folio. 2001. 11. Emma Brown deur Clare Boylan. Gepubliseer in 2003
Poësie
Selected Poems of the Brontës, Everyman Poetry (1997)
Verwysings
Bron Collier's Encyclopedia'', Crowell-Collier Educational Corporation, Volume 4, Bladsy 603.
Kategorie:Engelse skrywers Kategorie:Geboortes in 1816 Kategorie:Sterftes in 1855