Die Mercedes-Benz C-klas is 'n motorvoertuig wat deur Mercedes-Benz vervaardig word sedert 1993. Dit is tans in sy vierde geslag. Die C-klas is wêreldwyd een van die gewildste Mercedes-Benz'e.
Die huidige geslag (W205) is by die 2014 Detroitmotorskou vrygestel. Die nuwe struktuur is heelwat ligter, aangesien aluminium vir die hele bakwerk gebruik word, wat 'n 100 kg massabesparing teweeg bring. Volgens Mercedes-Benz is die struktuur stewiger as ander motors in sy klas.
Die huidige motor is op 16 Desember 2013 amptelik bekendgestel. Produksie van die W205 het op 4 Februarie 2014 by die Bremenaanleg begin. Europese verkope het in Maart 2014 begin, terwyl die voertuig in September 2014 in Noord-Amerika vrygestel is.
Tydlyn van die C-klas Eerste geslag (W202) Tweede geslag (W203) Derde geslag (W204) Vierde geslag (W205)
Galery
Verwysings
Eksterne skakels
C-klas